Ramsem en LANDRANI® Lamb rig 'n uitnodiging vir 'n "vrugbare" vennootskap. Met erkenning van die diversiteit in skaapboerdery, is ons gretig om met boere van alle rasse saam te werk om Meatmaster kruis-lammers van hoë gehalte te produseer.
In terme van LANDRANI® Lamb se Samic registrasie is 'n outentieke Meatmaster-lam die resultaat van die dekking van enige ooiras met ons suiwer Meatmaster ramme. Om uitstaande gehalte te verseker gebruik ons slegs semen van LANDRANI® Meatmaster ramme geregistreer by SA Stamboek waarvan die DNA op register is.
Ons verskaf gratis saad van ons vlagskip SP ramme genaamd CHIEF, FAT JUDGE en EL TORO. Alle laparoskopie produkte en prosedures word deur Ramsem (Edms) Bpk verskaf;
Ons skeduleer jou daagliks/weekliks/maandelikse aktiwiteite ten opsigte van jou totale kudde. Sien aangehegde MegaHub Program en "Actions Dashboard";
Ons finansier die totale produksiekoste rentevry vanaf prikkel tot speen. Sien aangehegde begroting;
Sodra jou lammers 60-dae ouderdom bereik, sal ons hulle by jou koop en R10 meer per kg aanbied as die stoorlam prys. Gemiddelde lewendige gewig op daai ouderdom behoort 20kg te wees. Sien aangehegde begroting;
Die gefinansierde produksiekoste sal afgetrek word van die betaling wat ons vir die lammers maak. Rentevry. Alle produk pryse kan self onderhandel word met verskaffers indien nodig.
Dit is algemene kennis dat laparoskopiese KI lei tot meer meerlinge in die kudde;
Met die KI-proses sal die meerderheid van jou ooie binne 'n 10-dae tydperk lam, wat die bestuur van roofdiere vergemaklik;
Met vroegspeen kan inter-lam periodes verkort word vanaf 12-maande na 8-10 maande. Lammers moet kruipvoer kry vanaf ouderdom 12-dae;
Ons beproefde aksie- en skeduleringstelsel is die boer se redding as dit kom by presisie boerdery;
WeBuyLamb™, sal jou lammers weeg voor hulle gelaai word. Betaling word gedoen voordat die vragmotor jou plaas verlaat;
Verseker 'n premietarief vir jou lammers;
Begin met geen produksiekostes van jou kant af nie.
Jy kry dus meer lammers, staan minder af aan roofdiere en lam meer gereeld. Die kumulatiewe effek hiervan lei maklik tot 'n 30%-50% verhoging in speenpersentasie. En dan word jou produksiekoste rentevry gefinansier, jy kry meer vir jou lam met geen risiko van wanbetaling.
Ongelukkig is die aanbod nie beskikbaar vir die dek van Meatmaster ooie
Ons stel slegs belang in kruis-lammers